Feeds:
Posts
Comments

Die keuse is hier…

Na maande se wag is dit nou amptelik: Ons het aan die visa vereistes vir Australië voldoen en mag vir die volgende 3 jaar onsself daar gaan vestig.

australia_kangaroo

Oor minder as 260 dae verval die uitnodiging, so die kraal moet in alle erns gereed gemaak word vir die uittog na die beloofde land.

So ‘n bietjie ligte vermaak:

Prinses Nina(2jr,4m) se weergawe van die alombekende liedjie.

Ok, vandag kla ek bietjie…liewers, vvandag maak ek ‘n voorstel.

Dr Stoner & Associates in die Chris Barnard Gedenkhospitaal Annex.

3 weke gelede staan ons by bogenoemde spreekkamers vri ‘n mediese ondersoeke. Nie 1 nie, nie 2 nie, maar 3 maal vra ons of daar bloedtoetse gedoen moet word. Die ontvangsdame en 2 dokters bevestig dat dit nie nodig si vir tydelike visums nie. Goed so. R660 se koerierfooie later, kry ons ‘n e-pos. Bloedtoetse word verlang vir alle Suid Afrikaners bo die ouderdom van 15jr. Skiet terug vir die toetse en moet mooi weer R330 betaal vir koerierfooie. Toe ek dit bevraagteken, sal ene Shereen my aankyk en vra wie se fout was dit. My donner man, ons het jou en 2 dokters gevra, julle het aldrie NEE gesê en nou moet ons dit doen. Is dit my skuld??? Hoe kan julle julself voordoen is ‘n instansie wat spesialiseer in Immigrasie vereistes, maar nie die vereistes ken nie?

O ja, ons sou nou al ons uitslae gehad het. Intussen het die wetgewing verander en is daar nou ‘n kans dat ons nie die visums toegeken word nie, jeens my galbraak.

Doen my ‘n guns en ondersteun liewer die ander dokters. Die klomp verdien nie enigeen se ondersteuning nie.

Klakous van die dag…

Dit maak my lam as mense die tyd neem om op die internet klagtes uit te lig en dan die storie mooi vir hul eie belang skoei.

My toekenning gaan vandag aan Whale Cottage (www.whalecottage.com)

Agtergrond:

Desember 2008, kort voor ons toemaak. Klient soek blinding.  Ons sisteem is van so ‘n aard dat geen blinding vervaardig kan word sonder ‘n faktuurnommer nie. Faktuur word uitgereik en ons maak die blindings. Installasies word ‘n dag voor die tyd bevestig en die spesifieke tydgleuf die oggend van installasie. Installeerder bel kort voor 08:00 om die tyd te bevestig. Kliënt vervies homself oor die vroeë oproep en vloek die instaleerder uit. Blindings word installeer en een blinding is foutiewelik deur die verkoopsman as regs kontrole i.p.v. links kontrole gemaak. Installeerders kontak hom 2 keer om reëlings te tref, maar hy jaag hulle weg.Blinding word op perseel gelos om op ‘n later stadium verwyder te word, aangesien die fabriek sluit vir bouersvakansie en ons nie die kliënt wil ontrief deur nie ‘n blinding voor die badkamer venster te hê nie. Januarie 2009 word die blinding die ogend verwyder en dieselfde dag teruggeplaas.

Nou raak hy die volgende, 3 maande na die gebeure, kwyt:

The Sour Service Award goes to xxxxxx Blinds.   The company was efficient in turning an order for a new houseful of Venetian blinds around quickly.  However, its service from the time of installation three months ago has been less than satisfactory.    The company was called late in the afternoon on the day before installation, to check when the installer would come.  They could not give a time the day before, as the allocation of jobs is only done in the morning.   No amount of pleading for a time was entertained.  At 7h30 the next morning the installer called, to ask if he could come immediately.     Having worked late the night before, unpacking boxes, the customer was not amused by the intrusion of the call at an unbusiness-like hour, and could not understand why the company could not have given the time of installation at the close of the day before.   After the installation was completed, the customer noticed that one of the blinds had the ‘wand’ and strings on the right hand side of the blind, necessitating the customer to climb into the bath to open and close the blinds every time.   This was communicated to Xxxx, the salesman, who promised to fetch the blind to have it changed, in mid-December.   Xxxx finally came to fetch the blind 6 weeks later.   A two-day promised return of the blind, essential for privacy in the bathroom, became a 10 day wait!   The company is most efficient in invoicing the customer, and in chasing payment, without understanding that its staff are delaying completion of the job.   The company was not amused when the customer asked whether payment could wait for as long as the job had taken to be completed!

My repliek dus: DUITSERS, en ek het self sterk Duitse bloed, is vol k@k! Hy het ons weggejaag toe ons dit wou regmaak. Op geen stadium is dit belowe dat ons dit mid Desember sou regmaak nie, want ons was toe. Op geen stadium is hy gekontak vir betaling nie. Waarom na 3 maande jou klagtes opbring?

Genoeg galbraak van my kant af. Netnou verval ek tot op sy vlak…oops ek het reeds.

Jou hulp word benodig…

Vir meer inligting, gaan loer gerus in by:

http://pietbestbier.wordpress.com/

2 Fondsinsamelings geleenthede word gehou: Een by die Barnyard teater in Willowbridge en die ander in Stellenbosch(VANAAND 26 Feb 09)

 

Vir meer inligting, kontak Marga Bestbier by 083 558 7773

Petit Prince is hier

Woensdag 14 Januarie 2009 het die prins sy opwagting gemaak. ‘n Volle 4.68kg en 53cm in lengte.

14-jan-09-032-medium

Op 2008

Oor 5 weke verander die kraal. Skielik word ‘n nuweling verwelkom. Mev Rendier sukkel onder die gewig, so die bielietjie gaan groot wees.

Ek groet tot die nuwe jaar. Geniet die feestyd.

5 JAAR VAN VREUGDE

Dankie my lief.

Dit pla my…

As musici ander musici se kreatiwiteit misbruik.

Voorbeeld:
Leon Schuster – Hie kommie bokke (La cucaracha)

Slapstick humor het sy plek, so die “genre” het ‘n mark.

Danie Botha – ’n Christen weet nie van verloor af nie. (Blou Bul song)

Dis af man! Vir wat wil jy nou sulke gemors aanvang?

Steve Hofmeyr – God se Bedelaar(St. Elmo’s Fire)  God se bedelaar – Steve Hofmeyr

Gisteraand was ons by die Waarmaker konsert in Stellenbosch. Die saal was groot, maar tog was die mense min. Die klank was oordonderend, die beligting verblindend. Als loop goed af, totdat Steve met die song begin. Dis St. Elmo’s Fire, met Afrikaanse woorde(wat ek nou nog nie alles kan uitmaak nie), maar my hemel man, Hoekom??? Sekerlik het ‘n man soos Steve meer kreatiwiteit as om op ‘n ander man se tune nuwe woorde te sit?

Daar is mense wat die Aussies afkraak as ‘n “common” klomp. Gisteraand vra Mev Rendier vir my by die konsert, wat sou ‘n Aussie dink van die gemiddelde deursnee mens (Afrikaner) wat ‘n Steve Hofmeyr konsert bywoon…laat mens dink.

Die einde is in sig…

Oor 2 dae,10 September 2008, kom die wêreld tot ‘n einde, of dit is ten minste wat ‘n seker groep probeer sê het in ‘n aansoek by die Europese Menseregtehof om die aktivering van die LHC te stop. Wetenskaplikes poog om ‘n botsing te veroorsaak wat die tydperk direk na die Oerknal naboots. Niemand weet wat die uitkoms van hierdie eksperiment gaan wees nie, selfs nie die wetenskaplikes wat dit aanpak nie.
So maak julle reg. Gaan wild. Hou ‘n groot opskop môreaand, want die einde is in sig.

link:www.youtube.com/watch?v=cGqroT1FZ5Y

Older Posts »