Ek moet bieg…ek huisves ‘n Blou Bul. Ek’s jammer, maar die Rendier het ‘n sagte plek vir diere en mens kan darem nie ‘n Bul in die strate los laat nie.
Mundy C (rym nogal met vendusie (sp?)) het kom kuier vir ‘n paar dae.
Posted in Algemeen on Maart 29, 2007 | Leave a Comment »
Ek moet bieg…ek huisves ‘n Blou Bul. Ek’s jammer, maar die Rendier het ‘n sagte plek vir diere en mens kan darem nie ‘n Bul in die strate los laat nie.
Mundy C (rym nogal met vendusie (sp?)) het kom kuier vir ‘n paar dae.
Posted in Algemeen on Maart 28, 2007 | Leave a Comment »
Boeta het kom kuier uit Londen; sy eerste keer terug sedert hy Afrika verlaat het vir die moddereiland laas Mei. nodeloos om te sê, sal daar groot vuur gemaak word, lekker gekuier word en natuurlik pak uitgedeel word op die gholfbaan
Posted in Algemeen on Maart 23, 2007 | Leave a Comment »
Hier is die link na ons web album:
http://picasaweb.google.co.uk/jeanettemouton
Mev Rendier laai lieflike foto’s van ons kleinding op ‘n gereelde basis, so hou gerus die album dop vir die nuutste fotos.
Posted in Familie on Maart 20, 2007 | 2 Comments »
Die afgelope naweek was die Rendier-trop en Snymans weer terug op Tietiesbaai. Na ‘n chaotiese Donderdag en ‘n bedrywige Vrydag arriveer ons so duskant 17:00 op Tietiesbaai. Tina – die au pair – het ons vergesel en weens die vrag en ‘n beperkte bak op die Double Cab is die meeste van ons pakasie met die [...]
Posted in Algemeen on Maart 12, 2007 | Leave a Comment »
Vrydagmiddag kort na 12:00 sleep ek huiswaarts om met die groot pak te begin. Om te kamp is lekker; om met Nina te kamp is nog lekkerder, maar om te pak vir die hele gedoente, is swaar.
Teen 14:00 is almal gepak en gelukkig alles is in: duikgoed, eetgoed, slaapgoed, doekgoed en Nina. Kort voor 16:00 [...]
Posted in Algemeen on Maart 9, 2007 | 2 Comments »
Die naam is bloot gekies om te kyk hoeveel hits ek uit Google kry
Die naweek trek die Rendier-trop af Tietiesbaai toe, vergesel deur die Snymans. Sal julle Maandag inlig oor Nina se eerste kamp ervaring.
Groete uit die kraal
Posted in Familie on Maart 5, 2007 | 4 Comments »
Posted in Algemeen on Maart 1, 2007 | 1 Kommentaar »
As jy oor die boer wil kla, moenie met ‘n mond vol kos praat nie.*
*Gesien agter op ‘n plaas-bakkie oppad werk toe vanoggend.
Posted in Familie on Maart 1, 2007 | 1 Kommentaar »
Gisteraand het Nina vir my by die voordeur staan en wag. Die gevoel wat ek gekry het toe ek haar sien, was onbeskryflik. Dit lê iewers tussen liefde, passie, trots; ‘n warmte hier op my bors.
Daardie laggende ogies wat ongewonde staan en kyk na die wêreld om haar; alles inneem wat vir ons al so [...]