Ek glo nie spoke nie.
In die afgelope paar maande het beide ek en Mev Rendier, middernagtelike onderonsies gehad…en nie met mekaar nie
Eers was dit afsonderlik, dat of ek of sy dit gewaar/beleef. Dis ‘n vreemde gevoel. Jy slaap, jy word wakker, want jy voel iets en dan sien jy dit! Daar’s iets/iemand.
My eerste ervaring was digby 23:00 een aand. Ek was seker nog net ‘n anderhalfuur aan die slaap, toe ek skielik bewus word van iets/iemand wat in die bay window beweeg. Nadat ek seker gemaak het dis nie iemand nie, het ek half verdwaas aan die slaap geraak.
Die volgende ervaring was min of meer dieselfde, maar die keer kon ek uitmaak dat dit ‘n vrou was. Nadat ek my ervaring met Mev Rendier gedeel het, het sy ook bewus geraak van die iets/iemand wat aan die voetenend van die bed verby beweeg.
Ervaring 3 was heel anders. Ek raak semi-wakker van iemand wat langs die bed staan en op my afbeweeg! Soos ‘n wafferse kung fu master trek ek my regter been op, reg om die iets/iemand moer toe te skop! Maar daar’s niks.
Ervaring 4, die ergste nog en ok die laaste ten tyde van hierdie skrywe. Dis weereens kort voor middernag en ek raak bewus van iets wat tussen my en Mev Rendier hang. Ek druk haar (Mev Rendier) se hand om haar wakker te maak en vra vir haar: “Sien jy dit?” Beide van ons raak yskoud…daar sweef iets bo ons bed. Eensklaps en dis weg.
As ek nog erg charismaties was, sou ek Rebecca Brown aangehaal het oor demoniese aanvalle, want bliksem, die ding/goeters het ‘n slegte aura.
Ek glo nie in spoke nie.
Boo!
Behalwe die een
Hallo Rendier!!
Ek sit en lees nou jou blog en hoendervleis slaan op my vel uit! Ek het ook al ‘n soortgelyke ervaring gehad! Ons bly in ‘n baie ou huis en die eerste aand wat ons daar oornag het – het “iemand/iets” ons kom groet! Ek het ‘n vroulike asemhaling langs my bed gehoor! Ek het my man wakker gemaak, hy het soos ‘n besetene uit die bed gespring, die lig aangeskakel en dadelik na sy rewolwer gegryp! Ek moes vinnig keer of hy het ampertjies iets onverantwoordelik aangevang!! Ek glo tot vandag toe nog dit was nie my verbeelding nie! Ek dink die tannie wou ons maar net kom welkom heet!
Ons het nog nie weer ‘n “sighting” gehad nie – “touch wood”!! Maar ek glo ook nie in spoke nie!
Ek hou van jou blog – het hom eers vandag ontdek, maar sal nou meer besoek aflê!!
Lekker daggie
René
PS. die comment wat jy op Oopkop gelos het – met die seëngroet aan die einde – Mag die geluk jou oorweldig en die voorspoed jou ry – is baie sweet!
O-ja, en amper vergeet ek om te sê : die twee ladies in jou lewe — is stunning!!
R
Ek glo ook nie is spoke nie, maar Ray Parker Jnr se Ghostbusters bly ‘n cool liedjie.
Jong, ek is die eerste keer hier op jou blog… maar ek dink nie ek wil weer op gaan nie! Is dit n joke of hoe? Dankie tog ek het nog nie so iets ervaar nie, want ek sal net daar en dan my sakke pak…
Lekker Dag, Boet
Hi Rene
Dis, nou vir jou n intersante storie daai. Ek natuurlik lekke gelag dat jy die spook wou skop.Dit spyt my so baie mense glo nie ‘spooke’ nie. Ek glo daar aan. Dit gesien kan met hulle praat en hulle voel. Hoekom is mense bang daar voor? Ek weet die dag as ek moet sterf kom ek terug om te sorg my familie is ok. Daar is niks fout met my nie ek n dood normaale vrou wat elke aand haar bybel lees ek glo God het my daar die gawe gegee. Ek dit al van vroeg in my lewe.
Nou ja goed gaan en onthou as daai persoon jou weer pla vra ha wat sy soek.