Is dit regverdig dat die mens God speel?
Wat is eerlik jou antwoord hierop? Vir my is dit eenvoudig, tog wil ek die vraag bevraagteken. Waneer is die vraag van toepassing en op watter vlak?
Die oorsprong van my dilema is die beoogde uitwissing van uitheemse visspesies in sekere Kaapse riviere wat deel vorm van die Cape Floristic Region. CapeNature het ‘n projek van stapel gestuur om die inheemse en endemiese visspesies van hoofsaaklik riviere in die Cederberge te red van uitwissing. Riviere wat gebrandmerk is vir die projek is die Rondegat, Krom en die Suurvlei. Die Kromrivier in die Oos-Kaap is ook op dié lys. Kom ons fokus bietjie op die Wes-Kaap riviere.
Die 3 riviere in die Cederberge het almal tot ‘n meerdere of mindere mate 3 uitheemse spesies teenwoordig, naamlik Kleinbekbaars, Kaapse kurper en reënboog forrel. Tusen hierdie uitheemse spesies, is daar heelparty endemiese spesies teenwoordig, onder andere die rooi vlerkie (red fin minnow), met al sy variasies, en die rock catlet. Vna hierdie endemiese spesies is nog nie eens behoorlik beskryf nie en weet ons dus nie wat die werklike stand van sake is nie. Wat wel bekend is, is dat daar waar uitheemse spesies tans is, die endemiese spesies bykans nie meer bestaan nie.
Dinsdagaand was daar ‘n publieke vergadering vir alle belanghebbendes om bydraes te lewer vir die Omgewings impakstudie wat tans aan die gang is. Meer inligting is hier te vinde: http://www.envirofishafrica.co.za/pdf/CAPE%20Invasive%20Alien%20Fishes%20EIA%20Reports/Draft%20scoping%20report%20web%20compressed.pdf
By die vergadering het dit duidelik geword dat die fokus baie eensydig opdie uitheemse visspesies geplaas word. Ander faktore wat ‘n bydrae gelewer het tot die huidige stand van sake, het geen aandag geniet nie. Habitat verwoesting, onreëlmatige besproeiingspraktyke en dies meer het ‘n groter impak op die biodiversiteit van ons riviere as ‘n paar uitheemse visse, maar die taak is te groot om aan te pak, so die kleiner probleempies word eerste aangepak.
Hier is my probleem: Die voorgestelde metode om die visse uit te wis, is deur die gifstof Rotenone in die water vry te stel. Rotenone maak alles met kiewe dood, deur hulle te versmoor – dit ontneem suurstof. Die probleem is egter dat meer as net ‘n paar visse sal sterf. Daar is ‘n magdom insekte, bo en onder die water, wat ook deur dit aangeraak en uitgewis word. Hoeveel endemiese spesies goggas is daar? Baie meer as visse in die water. Ek is nie ‘n entomoloog nie, maar die bietjie wat ek nou al gesien het(en hard probeer namaak in my vliegies), dui vir my daarop dat die ‘n veel groter impak op ons insekte sal hê. Die rivier, of gedeelte daarvan, word as’t ware ‘n woestyn. Die argument is dat die insekte hulself sal hervestig met tyd, maar hoe lank dit sal neem weet niemand. Regverdig die doel om ‘n paar inheemse visspesies, regtig die uitwissing van ‘n hele stelsel, in die hoop dat dit weer sal terugkeer na wat dit was?
By die vergadering het ek die gevoel gekry dat dit bloot ‘n skynspel was om mense gerus te stel dat hulle opinies gehoor word. Ek het ‘n vrees diep binne dat die gifstof reeds aangeskaf is en die beoogde uitwissing reeds goedkeuring van die regering ontvang het. Ek het ‘n vrees, want die Wêreldbank bevonds die projek.
Ek is besorgd oor die uitwissing van endemiese spesies, maar help dit regtig om ‘n klein aspek aan te spreek, maar die groter geheel geniet geen aandag nie? Verstaan ons regtig die impak van ons dade?
So, wie gee ons die reg om God te speel?
Hierdie saak lê my baie na aan die hart!!!
Die mens is besig om die planeet te verwoes!
Ek is ‘n 15 jarige en ek bekommer oor wat satisfaksie in mense se allerdaagse lewe vir hulle beteken… As jy ten koste van ENIGE lewende organisme (of jy omgee of nie) slegs jou opienie wil rig om by ander mense in jou werksplek erkenning te kry, dan wil ek nie oordeel nie, maar dan voel jy volgens my absolut niks vir jou kinders of hulle kinders nie… Want jy het mos ‘n Geelvis gesien hoekom moet jy omgee om dit te bewaar vir jou nageslag?? Wel het jy al ooit gewonder oor hoe bevoreg mense was wat die Kwagga kon sien? Hulle het dit net nie besef nie… so nou wil ek n vraag stel, jy het al die omgewings inligting oor spesies wat alreeds besig om uit te sterf bedreig word; Wat doen die algemene mens om uitwissing te bekamp???
Dis ‘n jaar later en traai wat? Die omgewingsimpakstudie is voltooi sonder die werklike insluiting van belanghebbendes se besware.