Ek het die voorreg gehad om die afgelope naweek se toets op Nuweland by te woon. Die atmosfeer was tasbaar. Die djembas wat deur Vodacom uitegedeel was, het ook grotendeels hiertoe bygedra. Die verwagting was groot. Percy se 100-tal, ‘n eerste vir enige Springbok. Emosies was hoog, die gees onmiskenbaar.
Drie dinge het my egter die hêrrie in gemaak:
1. Die ou vrou langs my. Ek noem haar oud, want haar vel is verrimpeld gerook. Sy smyt waaragtig haar lekkergoed papiertjies op die gronad neer. Ek byt my lip, maar kon nie langer ‘n konfrontasie vermy nie. “Why do you do it?” Haar antwoord verstom my: “They’ve got to clean the stands anyway.”
My moer! Hoekom sluit jy jou kar as hulle in elkgeval die ruit gaan uitbiksem om iets te steel. Hoekom stop jy by ‘n verkeerslig? Hoekom stort jy as jy in elkgeval weer vuil gaan word? Die tipe houding kry my onder. As elkeen ‘n bydrae maak, sal die lewe soveel lekkerder wees.
2. Die local All Black ondersteuners. Waarvoor doen julle dit? Kry julle lekker om teen die gryn te wees. Hou julle van “gat krap”? Dis dieselfde klomp wat stoere Protea ondersteuners is…
3. “Bad” Brad Thorn. Hy’s ‘n harde speler en maak ‘n groot impak…baie soos Bakkies Botha in ‘n sin. Daarvoor het ek baie respek. Selfs sy geniepsigheid kan ek hanteer, maar as daar een ding is wat my onder kry, is dit onsportiewe gedrag. Met Kevin Mealamu se drie reg teen die einde van die wedstryd, het “Bad” Brad hom na die skare gerig en mildelik almal in hul MOER gestuur(“Up Your”). nie een keer nie, nie twee keer nie, maar drie keer. Vir wat? As jy op die veld is,. sal jy sekerlik deur die skare “abuse” word, maar regtig, is dit nou nodig om so aan te gaan? Min mense het dit egter gesien, net ons beskore paar op die hoof pawiljoen, maar ek dink tog hy behoort om verskoning te vra vir sy wangedrag.

My man het ook tussen ‘local’ All Black ondersteuners gesit. Na ‘n ruk kon hy hulle bravade ook nou nie meer verdra nie en vra toe “nou sing daar vir ons New Zealand se volkslied, laat ons hoor”. Doodse silte. Idiote.
*stilte
Ai neef ek geniet jou blog soooooooo baie! Ek stem honderd persent met jou saam! Ek is erg lojaal en kan dit nie hanteer as Suid Afrikaners probeer om iets anders as SA ondersteuners te wees nie.
Hou aan skryf! Ek kan nie wag vir jou volgende stukkie nie!