As musici ander musici se kreatiwiteit misbruik.
Voorbeeld:
Leon Schuster – Hie kommie bokke (La cucaracha)
Slapstick humor het sy plek, so die “genre” het ‘n mark.
Danie Botha – ’n Christen weet nie van verloor af nie. (Blou Bul song)
Dis af man! Vir wat wil jy nou sulke gemors aanvang?
Steve Hofmeyr – God se Bedelaar(St. Elmo’s Fire) God se bedelaar – Steve Hofmeyr
Gisteraand was ons by die Waarmaker konsert in Stellenbosch. Die saal was groot, maar tog was die mense min. Die klank was oordonderend, die beligting verblindend. Als loop goed af, totdat Steve met die song begin. Dis St. Elmo’s Fire, met Afrikaanse woorde(wat ek nou nog nie alles kan uitmaak nie), maar my hemel man, Hoekom??? Sekerlik het ‘n man soos Steve meer kreatiwiteit as om op ‘n ander man se tune nuwe woorde te sit?
Daar is mense wat die Aussies afkraak as ‘n “common” klomp. Gisteraand vra Mev Rendier vir my by die konsert, wat sou ‘n Aussie dink van die gemiddelde deursnee mens (Afrikaner) wat ‘n Steve Hofmeyr konsert bywoon…laat mens dink.