Ok, vandag kla ek bietjie…liewers, vvandag maak ek ‘n voorstel.
Dr Stoner & Associates in die Chris Barnard Gedenkhospitaal Annex.
3 weke gelede staan ons by bogenoemde spreekkamers vri ‘n mediese ondersoeke. Nie 1 nie, nie 2 nie, maar 3 maal vra ons of daar bloedtoetse gedoen moet word. Die ontvangsdame en 2 dokters bevestig dat dit nie nodig si vir tydelike visums nie. Goed so. R660 se koerierfooie later, kry ons ‘n e-pos. Bloedtoetse word verlang vir alle Suid Afrikaners bo die ouderdom van 15jr. Skiet terug vir die toetse en moet mooi weer R330 betaal vir koerierfooie. Toe ek dit bevraagteken, sal ene Shereen my aankyk en vra wie se fout was dit. My donner man, ons het jou en 2 dokters gevra, julle het aldrie NEE gesê en nou moet ons dit doen. Is dit my skuld??? Hoe kan julle julself voordoen is ‘n instansie wat spesialiseer in Immigrasie vereistes, maar nie die vereistes ken nie?
O ja, ons sou nou al ons uitslae gehad het. Intussen het die wetgewing verander en is daar nou ‘n kans dat ons nie die visums toegeken word nie, jeens my galbraak.
Doen my ‘n guns en ondersteun liewer die ander dokters. Die klomp verdien nie enigeen se ondersteuning nie.
Sorry maatjie. Dit klink vir my na die Amerikaanse INS. Het vir drie jaar baklei vir my groen kaart. Dan verloor hulle alles, dan kry hulle dit. Dan kanseleer hulle my afspraak en “we sill inform you of you new appointment date”. Dan kanseleer hulle my aansoek, “because you didn’t show up for the appointment.” Wag, die afspraak wat julle gekanseleer het? WTF!!!!
So, ek weet hoe dit voel. Dit suck. Ek hoop dit sal alles vir julle uitwerk. Mis julle klomp baie! Kan nie wag om julle weer te sien nie. ‘n Paar biere en braaivleis klink na ‘n goeie idee!!! Groete vir Mev. Rendier.