Blaauwklippen is op die R44 tussen Stellenbosch en Somerset-Wes.
Blaasuwklippen Port het ‘n besonderse herinnering. Toe ek en Mev. Rendier nog gekoer het, het ons op ‘n dag hier geeindig met vriend Tinus. Daar was heerlik wyn geproe, onder andere die Port, waarvan Mev. Rendier sommer 2 keer geproe het, net oor dit lekker was, en sinnelose, dog skerp, opmerkings oor die wyn gemaak. Die punt was om die wyn te proe en die eerste gedagte wat by jou opkom neer te pen. Bv. Mev. Rendier: Merlot: Ruik soos my musiekklas. Ek kon nog nooit ‘n akkurater beskrywing van die reuk kry nie
Tot ons spyt en met minder as ‘n studente toelaag, kon ons nie die wyne beskostig nie, veral nie die lekker port nie. As ek reg onthou het die dame vertel dat dit van die mark afgehaal word weens ‘n hoër as aanvaarbare alkohol inhoud.
Op ‘n onlangse proe uistappie saam met Anton en Mille, grotendeels gemotiveer deur die wynmaker Raka, arriveer ons weer by Blaauwklippen. In die proelokaal sien ons die Port weer in al haar glorie. Dis 10 jaar later en sy is nog net so vleiend soos vantevore. Sy dans in aroma en sy streel sag oor jou palet, met net die regte hoeveelheid warmte om die koue uit te dryf.
Nodeloos om te sê, is ‘n bottel Port aangeskaf (dink dit was so R100) en pryk sy nou ook in ons wynversameling, tot die koue dag wat ons haar teen die koue inspan.