Wat jy benodig:
Hoenderborsies, sonder die vel
Parma ham of Swartwoud ham
Feta kaas
Bloukaas
Ingelegte vye
Braai die hoenderborsies in ‘n pan tot lig goud van kleur. Vlek die borsie en vul met ‘n paar stukkies verkrummelde feta. Neem ‘n stuk parma en verkrummel die bloukaas daaroor. Rol die hoenderborsie toe in die parma ham en plaas in die oond. Grill totdat die kaas goed gesmelt is. Bedien met roket slaai en “bestroop”(drizzle) met die stroop van ingelegte vye.