Ek is mal oor BBC Food of liewer ek is mal oor kosmaak programme. Gunstelinge soos Jamie Oliver, Nigella Lawson en Rachel Allen verdien tyd op die kassie, maar daar is ook heelparty wat nie op die kassie hoort nie.
Ek kan nie onthou of dit Nigella of Rachel was wat die volgende resep opgedis het nie, maar ek was so geinspireerd dat ek dit dadelik gemaak het en dit was hemels.
Wat jy benodig:
-
Roketblare (lyk verkeerd in Afrikaans,maar dis volgens TUIS sy naam)
-
Bokmelkkaas – verkieslik Fairview Chevin Traditional
-
Heel pepper korrels
-
Olyfolie – enige soort, maar Willow Creek is ‘n goeie een
-
Heuning
Was die roketblare en pak in porsies uit. Breek/sny die bokmelkkaas is happie grootte of kleiner of krummel as jy wil. Strooi oor die roketblare. Maal ‘n paar heel pepperkorrels ens trooi oor die slaai. Spinkel ‘n bietjie olyfolie oor. Maak ‘n eetlepel/teelepe(na smaak) vol heuning en drip dit oor die slaai.
Die konstrasterende smake is ongelooflik. Die sout van die bokmelkkaas, die pepper en roket, met die soet van die heuning. Hemels…
Hierdie klink lekker en net wat ek vandag nodig het. Eks juis nie lus vir kosmaak nie, maar moet maar. Ek het ‘n klein lamsribbetjie gekoop by Pnpay muninmark vir die kids en ook ‘n paar hoederbosies sonder velletjies. Sal aartappels saam met dit maak. En rooiwyn uit die boksie. Kan nie onthou watter soort dit is nie, maar dis heerlik sag en geurig.
Dit wil ek doen vir middagete dan kan ons vanaand net ‘n broodjie of noodles eet.
Sterkte met die oppak en regkry vir jul vertrek na down under.
Annora.